Rooi tamatie, rou
Die woord tamatie kan na die plant (Solanum lycopersicum) verwys, of na die eetbare, gewoonlik pragtige rooi vrug wat dit dra. Die tamatie is oor die wêreld heen versprei gedurende die Spaanse kolonialisering van die Suid-Amerikas, waar dit oorspronklik vandaan kom. Dit word nou baie algemeen verbou, insluitend kweekhuise of plastiektonnels in koeler wêrelddele.
Tamaties word op verskeie maniere verbruik, byvoorbeeld rou, gebraai of gekook as bestanddeel van baie geregte en souse, en ook in drankies. Plantkundig word die tamatie as 'n vrug beskryf, maar vir kookdoeleindes word dit as 'n groentesoort beskou. Dit mag verwarring veroorsaak, soos in 'n hooggeregshofgeding al ondervind is in die VSA.[1]
Die vrug is ryk aan likopeen, wat positiewe gesondheidseienskappe kan bevorder. Die tamatie behoort tot die nagskadu-familie. Die plante groei gewoonlik een tot drie meter (3 tot 10 vt) hoog en beskik oor 'n slap stam wat in die algemeen oor die grond kruip of oor ander plante rank. In sy natuurlike habitat is die tamatie 'n meerjarige plant, maar binnenshuis kan dit as 'n eenjarige gekweek word.
Daar is heelwat natuurlike vyande vir tamaties bv. insekte, en roes, 'n soort swam wat gedy wanneer die tamaties te klam bly.
Die wêreldwye produksie van tamaties (beide vars en verwerk) bereik 161.8 miljoen ton in 2012. 'n Groot aandeel in die verhoogde produksie kan toegeskryf word aan verbeterde produksiemetodes in die lande in Asië, 'n gebied wat meer as 60% van die wêreld se tamaties geproduseer het in 2012.
Limpopo is Suid-Afrika se belangrikste produksiegebied, gevolg deur Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Oos-Kaap. Dit is naas aartappels die gewildste groentegewas in die land.[2]
Volgens FAOSTAT was die topprodusente van tamaties in 2017:[3]
Land Metrieke tonDie woord tamatie kan na die plant (Solanum lycopersicum) verwys, of na die eetbare, gewoonlik pragtige rooi vrug wat dit dra. Die tamatie is oor die wêreld heen versprei gedurende die Spaanse kolonialisering van die Suid-Amerikas, waar dit oorspronklik vandaan kom. Dit word nou baie algemeen verbou, insluitend kweekhuise of plastiektonnels in koeler wêrelddele.
Tamaties word op verskeie maniere verbruik, byvoorbeeld rou, gebraai of gekook as bestanddeel van baie geregte en souse, en ook in drankies. Plantkundig word die tamatie as 'n vrug beskryf, maar vir kookdoeleindes word dit as 'n groentesoort beskou. Dit mag verwarring veroorsaak, soos in 'n hooggeregshofgeding al ondervind is in die VSA.