dcsimg

Damhert ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die damhert (Dama dama) is ’n spesie takbok wat inheems is aan Wes-Eurasië, maar ingevoer is na onder meer Suid-Afrika, São Tomé, Madagaskar, Mauritius, Réunion, Seychelle, Comore, Marokko, Algerië, Tunisië, Australië, Nieu-Seeland, Kanada, Amerika en Peru.[2][3]

Beskrywing

 src=
’n Damhertram met sy besonderse gewei.

Volwasse damhertramme is 140 tot 160 cm lank en staan by die skouers 85 tot 95 cm hoog. Hulle weeg gemiddeld 60 tot 100 kg. Ooie is 130 tot 150 cm lank, 75 tot 85 cm hoog en weeg 30 tot 50 kg.[4] Lammers word in die lente gebore en weeg sowat 4,5 kg. Die diere lewe 12 tot 16 jaar.

Daar is groot variasies in die pelskleur met vier hoofvoorkomste,[5] van wit tot amper swart. Net die ramme het gewei, wat breed en graafvormig is. Die diere hou van gemengde boslande en oop graslande. Hulle is vinnig en rats as gevaar dreig en kan oor kort afstande tot 48 km/h hardloop.[6] Hulle kan ook tot 1,75 meter hoog en tot 5 meter ver spring.

In Suid-Afrika

Damherte is onder meer na die Kaapprovinsie in Suid-Afrika ingevoer. Hulle is ook gewild in KwaZulu-Natal vir jagdoeleindes en dele van Gauteng en die Oos-Kaap waar hulle op wildplase aangehou word.

Hulle het goed aangepas by die Suid-Afrikaanse streke met graslande en veral in die koeler streke soos die Hoëveld.

Verwysings

  1. Masseti, M. & Mertzanidou, D. (2008). Dama dama. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 8 April 2009.
  2. http://www.hoofarm.com/deer.asp
  3. LONG JL 2003. Introduced Mammals of the World: Their History, Distribution and Influence (Cabi Publishing) by John L. Long (ISBN 9780851997483)
  4. Burnie D and Wilson DE (Eds.), Animal: The Definitive Visual Guide to the World's Wildlife. DK Adult (2005), ISBN 0789477645
  5. The British Deer Society
  6. The Deers of the Ranch of America

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Damhert: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die damhert (Dama dama) is ’n spesie takbok wat inheems is aan Wes-Eurasië, maar ingevoer is na onder meer Suid-Afrika, São Tomé, Madagaskar, Mauritius, Réunion, Seychelle, Comore, Marokko, Algerië, Tunisië, Australië, Nieu-Seeland, Kanada, Amerika en Peru.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF