Die geelblom-bloudissel (Argemone mexicana) is 'n indringerplant in Suid-Afrika.[1] Die plant is inheems aan Wes-Indië en moontlik ook aan Sentraal-Amerika en Florida.[2] Dit is ook 'n indringerplant in Indië, Nepal, Bangladesj, Meksiko en op Fiji en Mauritius. Die sade bevat die alkaloïede sanguinarien en dihidrosanguinarien en is baie giftig. Besoedeling van olie wat as voedsel gebruik word met hierdie sade lei tot gesondheidsprobleme soos edeem en gloukoom.[3]
Sy beweidingskapasiteit is gering:
EIW SWIW LnregWIW Weidingsindekswaarde[4] 1 0.5 0.62