dcsimg

Muis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
Vir ander gebruike, sien Muis (dubbelsinnig).

 src=
'n Wilde muis

'n Muis is 'n knaagdier wat aan een van twee families behoort: die Muridae (vanaf Latyn mus wat muis beteken) en die Cricetidae (vanaf Nieu-Latyn cricetus wat kleiner hamster beteken).

Alhoewel muise vir tot twee jaar lank kan lewe in laboratoriumtoestande, is die gemiddelde lewensduurte in die natuur slegs drie maande lank, omdat hulle so gejag word deur roofdiere. Veral katte, wildehonde, roofvoëls en slange vang hulle.

Muise kan 'n pes wees, deurdat hulle aanplantings kan beskadig en opvreet, en ook omdat hulle siekte kan versprei deur middel van muisparasiete en die bakterieë in hul mis. Die makmaking van die kat duisende jare gelede het waarskynlik juis gebeur om muise en rotte te beheer.

Muise kan nie kleur onderskei nie, en sien slegs in swart-en-witskakering.

Voedsel

Muise is gewoonlik herbivore, maar eet wel vleis: selfs die dooie liggame van ander muise, en in die geval van verhongeringstoestande, hul eie sterte. Graansoorte en vrugte is die stapelvoedsel.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

  • 'Smither's Mammals of Southern Africa. A field guide'. Redakteur Peter Apps. Derde uitgawe, 2000.
  • 'Veldgids tot die soogdiere van Suider-Afrika'. Chris en Tilde Stuart. Eerste uitgawe, 1988.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Muis: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
Vir ander gebruike, sien Muis (dubbelsinnig).  src= 'n Wilde muis