Therapsida Kladistiese klassifikasie Koninkryk: Animalia
Cynodontia, of die sinodonte ("met hondetande"), is terapsides wat in die Laat Perm-periode sowat 260 miljoen jaar gelede die eerste keer hul verskyning gemaak het. Die groep sluit moderne soogdiere in, sowel as hul uitgestorwe voorsate en naby-verwante. Sinodonte wat nie soogdiere was nie, het deur Suid-Gondwana versprei en fossiele is in Suid-Amerika, Afrika, Indië en Antarktika ontdek. In die Noordelike Halfrond is fossiele ontdek in die oostelike Noord-Amerika, België en Noordwes-Frankryk. Cynodontia is een van die uiteenlopendste groepe terapsides.
Die vroeë sinodonte het baie van die moderne soogdiere se eienskappe gehad, soos verskillende soorte tande vir byt, skeur en kou, en die breinholte het agtertoe gebult. Die meeste sinodonte het waarskynlik eiers gelê. Die openinge by die slape was baie groter as by hul voorsate en die vorming van ’n meer soogdieragtige skedel sou sterker kaakspiere moontlik gemaak het. Hulle was moontlik warmbloedig.
Hier onder is ’n kladogram van Ruta, Botha-Brink, Mitchell en Benton (2013), wat een teorie wys van die verwantskappe tussen sinodonte:[1]
CynodontiaCharassognathus
Dvinia
Procynosuchus
Cynosaurus
Galesaurus
Progalesaurus
Nanictosaurus
Thrinaxodon
Platycraniellus
Cynognathia →
Probainognathia →
Cynognathus
Diademodon
Beishanodon
Sinognathus
Trirachodon
Cricodon
Langbergia
Andescynodon
Pascualgnathus
Scalenodon
Luangwa
Traversodon
"Scalenodon" attridgei
Mandagomphodon
Nanogomphodon
Arctotraversodon
Boreogomphodon
Massetognathus
Dadadon
Santacruzodon
Menadon
Gomphodontosuchus
Protuberum
Exaeretodon
Lumkuia
Ecteninion
Aleodon
Chiniquodon
Probainognathus
Trucidocynodon
Therioherpeton
Riograndia
Chaliminia
Elliotherium
Diarthrognathus
Pachygenelus
Brasilitherium
Brasilodon
Oligokyphus
Kayentatherium
Tritylodon
Beinotherium
Sinoconodon
Morganucodon