dcsimg

Perske ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
Perskebloeisels

Die perske, (Prunus persica), is 'n bladwisselende boom, 'n plant inheems aan China en Suid-Asië, waar dit eerste verbou is. Dit dra die sappige, eetbare vrug wat ook 'n perske genoem word.

Die spesie se naam persica verwys na die wydverspreide verbouing in Persië, waarvan dit oorgeplant is na Europa. Dit behoort tot die genus Prunus wat ook die kersie en pruim insluit, in die familie Rosaceae.

Die perske word saam met die amandel geklassifiseer in die subgenus Amygdalus, onderskei van die ander subgenera deur hulle geriffelde saadomhulsel.

Top tien perskeproduserende lande gedurende 2013 Land Produksie (in ton) Vlag van Volksrepubliek China China 11 900 000 Vlag van Italië Italië 1 436 753 Vlag van Spanje Spanje 1 336 362 Vlag van Verenigde State van Amerika VSA 1 006 610 Vlag van Griekeland Griekeland 700 200 Vlag van Turkye Turkye 545 902 Vlag van Iran Iran 498 346 Vlag van Chili Chili 319 919 Vlag van Frankryk Frankryk 301 770 Vlag van Argentinië Argentinië 284 970 Vlag van Brasilië Brasilië 222 180 Wêreld 21 610 180 Bron: FAOstat

Verwysings

  1. "Prunus persica". The Plant List. Version 1. 2010. Besoek op 29 November 2012.

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF