dcsimg
Image of Wild Taro
Creatures » » Plants » » Dicotyledons » » Arum Family »

Wild Taro

Colocasia esculenta (L.) Schott

Taro ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src=
Die groot blare van Colocasia esculenta.
 src=
Taroknolle wat te koop is.

Taro verwys gewoonlik na die plant Colocasia esculenta, die mees algemeen gekweekte spesie in die Araceae-familie en waarvan die knolle, blare en blaarstele as groente gebruik word.

Colocasia esculenta is vermoedelik nie inheems aan Suid-Indië en Suidoos-Asië nie, maar word algemeen daar gekweek.[1][2] Dit is ’n meerjarige, tropiese gewas wat hoofsaaklik vir sy knolle gekweek word. Ook die blare word geëet. In Afrika, Oseanië en Suid-Indië is dit ’n stapelvoedsel en waarskynlik een van die vroegs gekweekte gewasse.[3] Dit het vermoedelik in die Indies-Maleise ekosone ontstaan, dalk Oos-Indië, Nepal en Bangladesj, en van daar ooswaarts versprei na Suidoos-Asië, Oos-Asië en die Pasifiese eilande; weswaarts na Egipte en daarna suid- en weswaarts na Oos- en Wes-Afrika. Van daar het dit na die Karibiese gebied en die Amerikas versprei.

Dit is onder verskeie plaaslike name bekend en word dikwels "olifantore" genoem wanneer dit as ’n ornamentele plant gegoei word.

Verwysings

  1. Kolchaar, K. 2006 Economic Botany in the Tropics, Macmillan India
  2. "USDA GRIN Taxonomy". Besoek op 19 Februarie 2015.
  3. Country profile: Samoa, New Agriculturist Online new-agri.co, URL besoek op 12 Junie 2006

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Taro: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= Die groot blare van Colocasia esculenta.  src= Taroknolle wat te koop is.

Taro verwys gewoonlik na die plant Colocasia esculenta, die mees algemeen gekweekte spesie in die Araceae-familie en waarvan die knolle, blare en blaarstele as groente gebruik word.

Colocasia esculenta is vermoedelik nie inheems aan Suid-Indië en Suidoos-Asië nie, maar word algemeen daar gekweek. Dit is ’n meerjarige, tropiese gewas wat hoofsaaklik vir sy knolle gekweek word. Ook die blare word geëet. In Afrika, Oseanië en Suid-Indië is dit ’n stapelvoedsel en waarskynlik een van die vroegs gekweekte gewasse. Dit het vermoedelik in die Indies-Maleise ekosone ontstaan, dalk Oos-Indië, Nepal en Bangladesj, en van daar ooswaarts versprei na Suidoos-Asië, Oos-Asië en die Pasifiese eilande; weswaarts na Egipte en daarna suid- en weswaarts na Oos- en Wes-Afrika. Van daar het dit na die Karibiese gebied en die Amerikas versprei.

Dit is onder verskeie plaaslike name bekend en word dikwels "olifantore" genoem wanneer dit as ’n ornamentele plant gegoei word.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF