dcsimg
Image of garden lovage
Creatures » » Plants » » Dicotyledons » » Umbellifers »

Garden Lovage

Levisticum officinale Koch

Lavas ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
Lavasblomme

Lavas (Levisticum officinale) is 'n lang, meerjarige plant, die enigste spesie in die genus Levisticum in die familie Apiaceae, subfamilie Apioideae, stam Apidae.[1][2]

Beskrywing

 src=
Blare
 src=
Lavasplant

Lavas is 'n regop, kruidagtige, meerjarige plant wat 1,8 tot 2,5 m hoog groei, met 'n basale roset van blare en stingels met verdere blare. Die blomme word gevorm in skerms aan die bokant van die stamme. Die stingels en blare is blink kaalgroen tot geelgroen en ruik ietwat na seldery indien gekneus word. Die groter onderste blare is tot 70 cm (28 duim) lank, met breë driehoekige tot rombusvormige, duidelik gepunte blaartjies met 'n paar marginale tande; die stamblare is kleiner, minder verdeel en met min blaartjies.

Die blomme is geel tot groengeel, 2-3 mm deursnee, wat in bolronde skerms tot 10-15 cm in deursnee gedra word; en blom in die laat lente. Die vrug is 'n droë, tweedelige skisokarp; 4-7 mm lank, en word in die herfs ryp.[3][4][5]

Verwysings

  1. Pimenov, M. G. & Leonov, M. V. (1993). The Genera of the Umbelliferae. Royal Botanic Gardens, Kew. ISBN 0-947643-58-3.
  2. Downie, S. R., Plunkett, G. M., Watson, M. F., Spalik, K., Katz-Downie, D. S., Valiejo-Roman, C. M., Terentieva, E. I., Troitsky, A. V., Lee, B.-Y., Lahham, J., and El-Oqlah, A. (2001). “Tribes and clades within Apiaceae subfamily Apioideae: the contribution of molecular data”. Edinburgh Journal of Botany 58: 301–330. doi:10.1017/s0960428601000658.
  3. Huxley, A., red. (1992). New RHS Dictionary of Gardening. ISBN 0-333-47494-5.
  4. Blamey, M. & Grey-Wilson, C. (1989). Illustrated Flora of Britain and Northern Europe. ISBN 0-340-40170-2.
  5. Interactive Flora of NW Europe: Levisticum officinale (Lovage)

Eksterne skakels

Kruie Speserye
AnysBorrieBrandrissie (Cayennepeper) • Dille & dillesaadFenegriekGaram masalaGemmerJenewerbessieKaneelKanferKardamomKarwysaadKerrieKnoffelKomynKoljandersaadMosterdNaeltjiesNeutmuskaatPapawersaadPaprikaPeperwortelPomegranaatSaffraanSassafrasSelderysaadSesamSitrusskilSoethoutSteranysSwartpeperTamarindeVanieljeVinkelWasabiWildeknoffel † • WitpeperWonderpeper
  • † = volledigheidshalwe ingesluit by die lys.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Lavas: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= Lavasblomme

Lavas (Levisticum officinale) is 'n lang, meerjarige plant, die enigste spesie in die genus Levisticum in die familie Apiaceae, subfamilie Apioideae, stam Apidae.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF