dcsimg

Dopluis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
’n Dopluismannetjie met vlerke.

Dopluise is klein insekte van die orde Hemiptera. Daar is sowat 8 000 spesies.

Eienskappe

Die insekte se voorkoms wissel baie – van uiters klein organismes (wat 1 tot 2 mm lank is) tot blink, pêrelagtige voorwerpe (sowat 5 mm lank). Volwasse wyfies is gewoonlik permanent aan die plant geheg. Hulle skei ’n wasagtige stof af vir verdediging. Mannetjies het gewoonlik vlerke, na gelang van die spesie, maar eet nooit; hulle gaan binne ’n dag of twee dood. Hul enigste doel is om die wyfies te bevrug.

Die meeste insekte is parasiete op plante en drink sap wat uit die plant gesuig word. Hulle kom op ’n groot verskeidenheid plante voor en sommige is in ’n simbiotiese verhouding met miere.[1]

Baie dopluise is ’n plantplaag. Die waslaag wat hulle vorm, beskerm hulle teen insekdoders, wat net doeltreffend is in die eerste nimfstadium wanneer hulle as "kruipers" bekend is.

Verwysings

  1. (2008) “An ancient tripartite symbiosis of plants, ants and scale insects”. Proceedings of the Royal Society B: Biological Sciences 275 (1649): 2319–26. doi:10.1098/rspb.2008.0573.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Dopluis: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= ’n Dopluismannetjie met vlerke.

Dopluise is klein insekte van die orde Hemiptera. Daar is sowat 8 000 spesies.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF