dcsimg

Suikerbekkies ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Nectariniidae is 'n familie van voëls wat aan die orde van sangvoëls behoort. Die meeste spesies kom in Afrika, Suid- en Suidoos-Asië voor, hoewel enkele spesies ook in die noorde van Australië voorkom. In Suid-Afrika word hulle suikerbekkies genoem.

Suikerbekkies bestuif plante soos die bontkouterie en drink hoofsaaklik die nektar van blomme, maar sal ook insekte en spinnekoppe vreet, veral as hulle hul kleintjies voer. Blomkelke wat nie maklik toeganklik is nie word eenvoudig aan die agterkant naby die nektar oopgepik. 'n Paar spesies eet ook vrugte. Die meeste spesies kan nektar in vlug neem, maar hulle sit gewoonlik terwyl hulle voed. Hulle kan vinnig en direk met hul kort vlerke vlieg.

Suikerbekkies (familie Nectariniidae) is klein voëls soortgelyk aan die kolibries van Amerika, maar hulle kom in Afrika, Asië en Australië en op omliggende eilande voor. Kenmerkend is die lang, geboë snawels en buisvormige tonge waarmee nektar uit blomme gesuig word. Die mannetjies het gewoonlik 'n blink, veelkleurige veredrag, terwyl die wyfies oor die algemeen vaalkleurig is.

Suikerbekkies (familie Nectariniidae) is klein voëls met besonder lang, geboë snawels wat van insekte en nektar leef. Nektar word verkry deur die snawel in ʼn blomkelk te steek en die vloeistof met die eweneens lang en buisvormige tong uit te suig. Die snawelpunt is baie skerp en as 'n kelk baie diep is, boor die voëls 'n gaatjie langs die kant daarvan. Deur hul gereelde blombesoeke dra suikerbekkies net soos die Amerikaanse kolibries by tot die bestuiwingsproses.

Die mannetjies van die meeste spesies het 'n blink, veelkleurige veredrag, terwyl die wyfies gewoonlik vaal en onopvallend is. Die voëls word meestal in pare aangetref en hulle bou hul nes gesamentlik. Die wyfie broei haar 2 eiers alleen uit, maar die mannetjie help weer met die versorging van die kleintjies. Suikerbekkies kom in Afrika, Asië, Australië en op die omliggende eilande voor.

In Suider-Afrika word sowat 20 spesies aangetref. Baie bekende verteenwoordigers in Suid-Afrika is onder meer die jangroentjie (Nectarinia famosa), 'n blinkgroen voël wat ook dikwels in voorstedelike tuine aangetref word, die baie kleurryke en blink maricosuikerbekkie (Cinnyris mariquensis) en die rooiborssuikerbekkie (Chalcomitra senegalensis), wat ʼn opvallende, helderrooi bors het.

Een van die mooiste spesies is die oranjeborssuikerbekkie (Anthobaphes violacea), wat langs die Kaapse suidkus voorkom. Die mannetjie het 'n blinkgroen kop en nek, olyfgroen rug en vlerke, 'n pers bors en 'n oranje en geel pens. Die wyfie is olyfkleurig.

Genera

Lys van genera wat onder die familie ressorteer:

Sien ook

Eksterne skakels

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Suikerbekkies: Brief Summary ( Afrikaans )