Myxozoa (van Griekse μύξα myxa, "slym", en ζῷον zoon, "diere") is ’n groep obligate waterparasiete van die filum Cnidaria. Meer as 1 300 spesies is al beskryf.[1] Baie het twee gashere tydens hul lewensiklus – ’n vis en ’n ringwurm of mosdiertjie. Die gemiddelde grootte van ’n Myxosporea-spoor is 10-20 μm,[2] terwyl ’n spoor van die Malacosporea tot 2 mm lank kan wees. Myxozoa kan in die see- én varswater woon.
Terwyl die evolusiegeskiedenis van Myxozoa steeds nagevors word, word nou geglo hulle is hoogs aangepaste neteldiere wat ’n drastiese evolusie ondergaan het van ’n vryswemmende, selfonderhoudende jellievisagtige kreatuur tot hul huidige vorm van obligate parasiete wat uit net ’n hand vol selle bestaan.[3] Terwyl hulle in parasiete ontwikkel het, het hulle baie gene verloor wat vir selontwikkeling, -koördinasie en sel-tot-selkommunikasie verantwoordlik is. Die genome van sommige Myxozoa is nou van die kleinste van enige bekende dierespesie.[4]
Myxozoa (van Griekse μύξα myxa, "slym", en ζῷον zoon, "diere") is ’n groep obligate waterparasiete van die filum Cnidaria. Meer as 1 300 spesies is al beskryf. Baie het twee gashere tydens hul lewensiklus – ’n vis en ’n ringwurm of mosdiertjie. Die gemiddelde grootte van ’n Myxosporea-spoor is 10-20 μm, terwyl ’n spoor van die Malacosporea tot 2 mm lank kan wees. Myxozoa kan in die see- én varswater woon.
Terwyl die evolusiegeskiedenis van Myxozoa steeds nagevors word, word nou geglo hulle is hoogs aangepaste neteldiere wat ’n drastiese evolusie ondergaan het van ’n vryswemmende, selfonderhoudende jellievisagtige kreatuur tot hul huidige vorm van obligate parasiete wat uit net ’n hand vol selle bestaan. Terwyl hulle in parasiete ontwikkel het, het hulle baie gene verloor wat vir selontwikkeling, -koördinasie en sel-tot-selkommunikasie verantwoordlik is. Die genome van sommige Myxozoa is nou van die kleinste van enige bekende dierespesie.