dcsimg

Seekoet ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Die naam seekoet word gebruik vir drie spesies van die alkfamilie (familie Alcidae) wat van die ander lede van die familie verskil deurdat hulle spits snawels het teenoor die kort en dik snawels van die ander. Die spesies is die gewone seekoet (Uria aalge), die dikbekseekoet (Uria lomvia) en die swartseekoet (Cepphus grylle).

 src=
Alcidae

Al drie broei, soos die meeste ander lede van die alkfamilie, langs die kuste van die Noord-Atlantiese Oseaan, hoewel hulle soms verder suid tot in Portugal aangetref word. Seekoete, papegaaiduikers en alke (die alkfamilie) is in baie opsigte die noordelike teen hanger van die pikkewyne van die Suidelike Halfrond. Die seekoete en ander alkagtiges kan egter vlieg, terwyl pikkewyne nie kan vlieg nie.

Seekoete bring 'n groot deel van hul lewe in die see deur en kan baie goed duik en swem. In die broeityd vorm hulle groot kolonies van tot honderdduisende voëls langs die rotsagtige kuste van die Noord-Atlantiese Oseaan en bou hul neste op dun rotslyste. Hulle is baie gebiedsgebonde en keer jaarliks na dieselfde plek terug om te broei.

Geen twee eiers van seekoete is presies dieselfde kleur nie, sodat seekoete hul eiers tussen die duisende ander eiers kan uitken. Die kuikens groei baie vinnig nadat hulle uitgebroei het en na drie weke word hulle donsvere vervang deur ’n tussenveredrag.

Daarna fladder en val hulle af in die see, waar hulle saam met hul ouers na die diepsee toe swem. Op hierdie manier kom hulle weg van hul belangrikste vyande, die seemeeue. Kort daarna verveer hulle weer 'n keer na hul volwasse veredrag en leer hulle vlieg. Wanneer hulle volwasse is, keer die kleintjies terug na dieselfde gebied om self te broei.

Bronnelys

Eksterne skakels

licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF

Seekoet: Brief Summary ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Die naam seekoet word gebruik vir drie spesies van die alkfamilie (familie Alcidae) wat van die ander lede van die familie verskil deurdat hulle spits snawels het teenoor die kort en dik snawels van die ander. Die spesies is die gewone seekoet (Uria aalge), die dikbekseekoet (Uria lomvia) en die swartseekoet (Cepphus grylle).

 src= Alcidae