Mesembryanthemum nodiflorum, L. is 'n plantjie uit die vygiefamilie wat aan Suid-Afrika inheems maar nie endemies is nie. Dit kom veral in die Noord-Kaap en die Wes-Kaap voor en is op die SANBI-rooilys as veilig (LC) gelys.[1] Saam met ander spesies van die genus word dit dikwels in Afrikaans brakslaai genoem.
In die droë Karoo is dit een van die hoofkomponente wat deur skape bewei is. [2]
Dit is ook een van die spesies wat saam met duinekool kenmerkend aan die gematigde soutmoerasse van die riviermondings is.
M. nodiflorum kan in droë en soutige omstandighede groei en besit groot blaasselle wat die plant se velletjie 'n glinsterende aanblik gee. Die lewende plant slaan sout in sy blaasselle op wat ná sy afsterwe weer in die grond tereg kom. Dit verhoed dat ander plante op sy plek kan groei. Die plant kan ook van C3-fotosintese oorskakel op CAM-fotosintese. Dit verminder vogverlies en verhoog sy oorlewenskanse. By droogte skakel die plant naar CAM oor en fokus op die vervaardiging van saadjies.[3]
Die plant is 'n indringerspesie in Australië, Kalifornië en op party eilande in die Atlantiese Oseaan.
Mesembryanthemum nodiflorum, L. is 'n plantjie uit die vygiefamilie wat aan Suid-Afrika inheems maar nie endemies is nie. Dit kom veral in die Noord-Kaap en die Wes-Kaap voor en is op die SANBI-rooilys as veilig (LC) gelys. Saam met ander spesies van die genus word dit dikwels in Afrikaans brakslaai genoem.
In die droë Karoo is dit een van die hoofkomponente wat deur skape bewei is.
Dit is ook een van die spesies wat saam met duinekool kenmerkend aan die gematigde soutmoerasse van die riviermondings is.
M. nodiflorum kan in droë en soutige omstandighede groei en besit groot blaasselle wat die plant se velletjie 'n glinsterende aanblik gee. Die lewende plant slaan sout in sy blaasselle op wat ná sy afsterwe weer in die grond tereg kom. Dit verhoed dat ander plante op sy plek kan groei. Die plant kan ook van C3-fotosintese oorskakel op CAM-fotosintese. Dit verminder vogverlies en verhoog sy oorlewenskanse. By droogte skakel die plant naar CAM oor en fokus op die vervaardiging van saadjies.
Die plant is 'n indringerspesie in Australië, Kalifornië en op party eilande in die Atlantiese Oseaan.