dcsimg

Eenkol-nooientjie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Eenkol-nooientjie (Chrysiptera unimaculata) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee; meer spesifiek die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Onespot damsel.

Identifikasie

Die vis word tot 8cm lank. Die kleur van die onvolwasse en volwasse visse verskil wesenlik. Die volwasse vis is grysbruin tot koolstofgrys met 'n swart, ovaalvormige kol op die agterkant van die dorsalevin.

Onvolwasse visse is geelbruin met 'n neon blou streep vanaf die snoet tot by die agterkant van die dorsalevin. Daar is ook 'n swart kol met 'n blou ring om onder die dorsalevin. Daar is ook 'n kol op die kieue deksel.

Die vis leef in rots kusareas, plat riwwe en getypoele in water wat tot 2m diep en onstuimig is. Die visse is territoriaal en bly altyd digby 'n skuilplek. Hulle is alleenlopers maar kom ook in klein groepies voor en vreet alge en klein ongewerweldes.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Eenkol-nooientjie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Eenkol-nooientjie (Chrysiptera unimaculata) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee; meer spesifiek die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Onespot damsel.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF