dcsimg

Beiteltand-lipvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die beiteltand-lipvis (Pseudodax moluccanus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese gebied en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooisee tot by Sodwanabaai. In Engels staan die vis bekend as die Chiseltooth wrasse.

Voorkoms

Die vis se lyf is reghoekig en dun. Daar is 'n paar plat tande voor in elke kaak wat uitstaan. Die sylyn is geboë. Die kop en lyf is grysgroen of bruin en daar is 'n donker kol op elke skub. Die dorsale vin is oranje-rooi gekleurd. Die lippe is geel en daar is 'n blou streep oor die boonste lip wat oor die wang strek. Die stertvin is swart terwyl die basis ligter is.

Die onvolwasse vis is donkerbruin met twee blou horisontale strepe; een aan die bokant en die ander van die mond tot by die anale vin se basis. Die vinne is donkerbruin tot rooibruin.

Die vis word tot 25 cm lank.

Habitat

Die vis leef in koraalriwwe, gewoonlik in grotte tot op dieptes van 40 m.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Beiteltand-lipvis: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die beiteltand-lipvis (Pseudodax moluccanus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese gebied en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooisee tot by Sodwanabaai. In Engels staan die vis bekend as die Chiseltooth wrasse.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF