dcsimg

Gevlekte halfbek ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Gevlekte halfbek (Hemiramphus far) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Middellandse See, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika tot by Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Spotted halfbeak.

Voorkoms

Die vis het 'n lang onderste kaak wat amper soos 'n naald lyk. Die lyf is lank en die volwassenes is blou-groen aan die bokant, silwer onder en daar is 4 - 6 donker strepe op die lyf. Die bekken vinne is swart. Die vis word tot 43 cm lank.

Habitat

Die vis leef in riviermondings en word ook inland in riviere gevind. Hulle vreet alge, soöplankton, klein vissies en viseiers. Die verlengde onderste kaak word gebruik om mikroskopiese prooi op te spoor. Die wyfie skiet kuit in die somer. Die visse spring ook uit die water uit oënskynlik om roofvisse te ontvlug. Dit is 'n goeie eetvis.

Sien ook

Bronne

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Gevlekte halfbek: Brief Summary ( Afrikaans )