dcsimg

Gespikkelde sloothaai ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die gespikkelde sloothaai (Triakis megalopterus) is 'n haai wat voorkom aan die weskus van Suid-Afrika noord van die Namibiesegrens tot by Oos-Londen. In Engels word hulle die gully shark genoem.

Voorkoms

Die haai is relatief lig gebou met 'n stomp neus en die twee rugvinne is amper ewe groot. Die hele lyf is donker grys op die rug en aan die sye met donker kolle op. Die pens is 'n vaalgrys kleur. Die tande is nie skerp of gevaarlik nie. Hierdie haai word nie baie groot nie; die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 40 kg met normale haaie wat wissel tussen 10 en 25 kg.

Habitat en gewoontes

Die haaie kom gewoonlik nie in skole voor nie, slegs indien daar baie kos beskikbaar is. Hulle eet klein vissies en ook klein haaitjies. Hulle soek kos by klein rotsriwwe en slote in die riwwe.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Gespikkelde sloothaai: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die gespikkelde sloothaai (Triakis megalopterus) is 'n haai wat voorkom aan die weskus van Suid-Afrika noord van die Namibiesegrens tot by Oos-Londen. In Engels word hulle die gully shark genoem.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF