Sphyrna is 'n genus van haaie in die familie van hammerkophaaie (Sphyrnidae). Die genus omvat 8 spesies wat reg oor die wêreld se oseane voorkom. Drie van hierdie spesies word langs die Suid-Afrikaanse kus aangetref.[1]
Hierdie spesies word aan die kop wat soos 'n hammer lyk uitgeken. Hulle oë is weerskante van hul 'hammerkoppe'. Hulle het vyf kieusplete en kom tot op dieptes van 300 m voor. Groot hammerkoppe kan gevaarlik vir mense wees, maar hulle is oënskynlik immuun teen die gif van pylsterte.
Sphyrna is 'n genus van haaie in die familie van hammerkophaaie (Sphyrnidae). Die genus omvat 8 spesies wat reg oor die wêreld se oseane voorkom. Drie van hierdie spesies word langs die Suid-Afrikaanse kus aangetref.