dcsimg

Gewone dikkop ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Gewone dikkop (Burhinus capensis) is 'n voël wat wydverspreid in Afrika suid van die Sahara voorkom. Die voëls word tot 18 duim hoog en het lang bene en bruin vere met wit spikkels daarop. Hierdie spikkels bied uitstekende kamoeflering in die droë grasvelde en savanne waar hulle voorkom. In Engels staan die voël bekend as die Spotted Thick-knee.

Identifikasie

Hierdie voël is groter as die waterdikkop. Dit het 'n donkerbruin-en-dofgeel gespikkelde rugkant. Dit het nie grys vlerkdekvere soos die waterdikkop nie. Tydens vlug is klein wit vlekke by die basis van die binne- en buitehoofslagare sigbaar. Die res van die slagvere en grootdekvere is swarterig. Die ondervlerk is wit met 'n swart agterrand en middelstreep. Die jong voëltjie se rugkant is meer gestreep as die volwasse voëls. Die voël het 'n vlerkspan van 80 cm.

Gewoontes

Die spesie jag uitsluitlik op die grond en vreet insekte, klein soogdiere en akkedisse. Hulle maak op die grond nes en die wyfie lê gewoonlik twee eiers op 'n slag. Die mannetjie en wyfie maak die kuikens saam groot en beide dra kos aan. Die voëls beskerm hulle neste en sal selfs maak of hulle beseer is om roofdiere van die nes af weg te lok. Hulle is ook voëls wat in die aand uitkom.[1]

Sien ook

Bronnelys

Verwysings

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Gewone dikkop: Brief Summary ( Afrikaans )