dcsimg

Olyfkurper ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Olyfkurper (Serranochromis robustus) is 'n varswatervis wat in die Okavangorivier, boonste gedeelte van die Zambezirivier, die Kafuerivier, Karibadam, Malawimeer en die Shirerivier voorkom. Dit kom ook in KwaZulu-Natal en in sytakke van die Kongorivier voor. In Engels staan die vis bekend as die Nembwe.

Voorkoms

Die vis het 'n groot bek met groot koniese tande in. Die vis is olyf tot heldergroen van kleur met 'n donkerolyf horisontale band langs die middel van die lyf. Die vinne is olyfkleurig met oranjegeel rante. By die mannetjies het die stertvin oranje kolle op. Die vis word tot 45 cm lank en weeg ongeveer 3,5 kg. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 2,0 kg en die Zimbabwe hengelrekord is 3,24 kg.

Habitat

Die groter visse verkies die dieper hoofstrome en permanente water; die onvolwasse visse leef in kleiner strome en mere. Hulle vreet vis en broei in die somer waar neste langs plantryke oewers van hoofstrome gemaak word.

Sien ook

Eksterne skakel

Verwysings

  1. Regan, C. T. 1920. The classification of the fishes of the family Cichlidae.--I. The Tanganyika genera. Ann. Mag. Nat. Hist. (Ser. 9) v. 5 (núm. 25): 33-53.
  2. BioLib (en)
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Olyfkurper: Brief Summary ( Afrikaans )