dcsimg

Bosluisbessie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Sien bietou vir die Chrysanthemoides-spesie wat soms ook bosluisbessie genoem word.

Die bosluisbessie of wildedadel[1] (Fadogia homblei) is inheems aan die Suid-Afrikaanse provinsies Noord-Wes, Gauteng, Mpumalanga en Limpopo en kom ook in Swaziland en noordwaarts tot in Sentraal Afrika voor. Op die SANBI-rooilys word dit as veilig gelys.[2]

Dit is 'n meerjarige plant of struikie met regop stammetjies wat 50 cm hoog word en groei uit 'n dik houtige wortelstok. Die spesie is 'n geoksiel Die blare groei in groepies van 3-5 aan elke knoop. Die bokant van die blaar is donkergroen, die onderkant is silwerwit. Dit bring klein geurige geel blommetjies voort en kry 'n ronde vrug wat groen van kleur is, maar swart word wanneer dit ryp word. Die vrug lyk soos 'n bosluis wat hom vol bloed gedrink het.[3]

Dit is een van ses plante wat gousiekte veroorsaak en wat 'n endosimbiontiese bakterie Burkholderia caledonica in knobbeltjies in sy blare het.[4] In 2016 is in die risosfeer van F. homblei 'n ander naverwante spesie gevind, wat die naam Burkholderia fortuita gekry het. Fortuitus beteken toevallig. Die navorsers het eintlik na die endofiet B. caledonica gesoek maar pleks daarvan hierdie spesie toevallig gevind.[5]

Fotogalery

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Bosluisbessie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
Sien bietou vir die Chrysanthemoides-spesie wat soms ook bosluisbessie genoem word.

Die bosluisbessie of wildedadel (Fadogia homblei) is inheems aan die Suid-Afrikaanse provinsies Noord-Wes, Gauteng, Mpumalanga en Limpopo en kom ook in Swaziland en noordwaarts tot in Sentraal Afrika voor. Op die SANBI-rooilys word dit as veilig gelys.

Dit is 'n meerjarige plant of struikie met regop stammetjies wat 50 cm hoog word en groei uit 'n dik houtige wortelstok. Die spesie is 'n geoksiel Die blare groei in groepies van 3-5 aan elke knoop. Die bokant van die blaar is donkergroen, die onderkant is silwerwit. Dit bring klein geurige geel blommetjies voort en kry 'n ronde vrug wat groen van kleur is, maar swart word wanneer dit ryp word. Die vrug lyk soos 'n bosluis wat hom vol bloed gedrink het.

Dit is een van ses plante wat gousiekte veroorsaak en wat 'n endosimbiontiese bakterie Burkholderia caledonica in knobbeltjies in sy blare het. In 2016 is in die risosfeer van F. homblei 'n ander naverwante spesie gevind, wat die naam Burkholderia fortuita gekry het. Fortuitus beteken toevallig. Die navorsers het eintlik na die endofiet B. caledonica gesoek maar pleks daarvan hierdie spesie toevallig gevind.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF