dcsimg

Kasjoeneut ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Die kasjoeboom (Anacardium occidentale) is 'n tropiese immergroen plant wat kasjoeneute en kasjoeappels voortbring, Dit groei tot 14 meter (46 voet) hoog, maar die dwergkasjoe, wat tot 6 meter (20 voet) hoog word, het hom as meer winsgewend bewys omdat dit vroeër volle wasdom bereik en hoër opbrengste lewer.

Die kasjoeneut dien as 'n versnapering en word in kosbereidings soos ander neute gebruik, maar dit is eintlik 'n saad. Die kasjoeappel is 'n vrug waarvan die pulp tot 'n soet vrugtedrankie verwerk of tot 'n likeur gedistilleer kan word.

Die dop van die kasjoeneut lewer opbrengste wat in baie toepassings gebruik kan word, van smeermiddels tot verf, en ander dele van die boom is tradisioneel gebruik teen slangbyte en vir ander tradisionele geneesmiddels.

Kasjoe kom oorspronklik van die noordooste van Brasilië, maar word nou wyd in tropiese gebiede verbou, met Viëtnam en Nigerië wat die grootste produsente verteenwoordig,[1] asook in Indië, die Ivoorkus en Indonesië.

Top tien produseerders van Kasjoeneute in 2016 Land Produksie
(metrieke ton) Opbrengs
(MT/hektaar) Vlag van Viëtnam Viëtnam 1 221 007 0.85 Vlag van Nigerië Nigerië 958 860 1.97 Vlag van Indië Indië 671 000 0.66 Vlag van Ivoorkus Ivoorkus 607 300 0.44 Vlag van Filippyne Filippyne 216 398 4.79 Vlag van Tanzanië Tanzanië 195 140 1.0 Vlag van Brasilië Brasilië 164 151 0.14 Vlag van Guinee-Bissau Guinee-Bissau 153 888 0.38 Vlag van Indonesië Indonesië 130 072 0.25 Vlag van Benin Benin 125 728 0.29 Wêreldtotaal 4 898 210 0.58 Bron: Food & Agriculture Organization[2]

Eksterne skakels

Verwysings

  1. "Ranking of Countries by Commodity". Fao.org. 2011. Besoek op 2014-01-21.
  2. "Major Food And Agricultural Commodities And Producers - Countries By Commodity". Fao.org. 2017. Besoek op 2018-08-26.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF

Kasjoeneut: Brief Summary ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF
 src=

'n Kasjoeboom

 src=

Kasjoevrug aan 'n boom

 src=

Kasjoefamilie

 src=

Kasjoeneut-verwerkingsaanleg in Mosambiek

 src=

Op die mark

licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF