dcsimg

Langvin-vlermuisvis ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Die Langvin-vlermuisvis (Platax teira) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika van Oman tot by Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Longfin batfish.

Voorkoms

 src=
In Praag se seewater akwarium

Die vis se lyf is amper sirkelvormig met die agterste helfte van die lyf wat grys-bruin is en die voorste helfte het 'n dowwe vertikale streep op. Die voorste helfte van die kop is donker grys en die agterste helfte is wit. Daar is 'n donker kol onder op die pens en 'n dowwe donker streep oor die liggaam by die anale vin. Die bekkenvinne is geel of geelbruin. Die onvolwasse visse is silwer grys met 'n donker streep op die agter op die liggaam wat tot die dorsale en anale vinne gaan. Daar is ook 'n swart streep oor die voorkant van die lyf en 'n nou swart streep deur die oë. Die vis word tot 65 cm lank.

Habitat

Die vis leef in riwwe en wrakke tot op dieptes van 70 m. Hulle kan alleen swem of in groot groep voorkom en hulle vreet soöplankton, alge en bodem skaaldiere. Die onvolwasse visse leef naby die kus in beskermde riwwe.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF

Langvin-vlermuisvis: Brief Summary ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Die Langvin-vlermuisvis (Platax teira) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika van Oman tot by Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Longfin batfish.

licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF