Die aronskelkfamilie of Araceae, in Afrikaans bekend as varkore, is ’n familie eensaadlobbige plante. Hulle is vanweë hul bloeiwyse opvallend en daarom gewilde huisplante. Die blomme self is onopvallend en kom aan ’n vlesige aar voor, maar die skutblad is dikwels mooi en kleurryk (of spierwit) en trek die aandag. Dié familie bestaan uit ’n paar duisend spesies wat natuurlik voorkom in die trope en noordelike gematigde klimaatstreke.
Anthurium en Zantedeschia is twee bekende genera van die familie, asook Colocasia esculenta en Xanthosoma roseum. Die grootste onvertakte bloeiwyse in die wêreld is dié van die Amorphophallus titanum (reuse-aronskelk).[1] Die familie sluit baie ornamentele plante in, soos Dieffenbachia, Aglaonema, Caladium, Nephthytis en Epipremnum. In die genus Cryptocoryne is baie gewilde akwariumplante.[2]
In die familie Aracae is genera soos Alocasia, Arisaema, Caladium, Colocasia, Dieffenbachia en Philodendron wat kalsiumoksalaatkristalle bevat. As dit ingesluk word, kan dit die slymvlies irriteer en die sap kan ’n pynlike veluitslag veroorsaak.[3]
Entomofilie (bestuiwing deur insekte ) is 'n vorm van biotiese bestuiwing.
Hierdie blom hou insekte wat kom nektar vergader, gevange en hulle kan nie ontsnap voordat hulle nie oortrek is met stuifmeel nie. Die stywe, onryp stuifmeeldrade wys afwaarts in die blomkelk en die insek kan maklik in die blom afgaan maar nie weer uitkom voordat die styfmeel ryp is nie. Die insek word bedek met stuifmeel in die pogings om te ontsnap. Wanneer die stywe stuifmeeldrade verwelk, kruip die insek uit en gaan na die volgende aaronskelk.