dcsimg

Pachypodium lamerei ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Pachypodium lamerei (Madagaskarpalm of Valse Halfmens) is 'n plant uit die oleander familie. Hierdie spesie is endemies aan Madagaskar. Dit is in Appendix II van CITES opgeskryf as 'n beskermde plant.

Beskrywing

Die plant kan binnenshuis 2 meter lank word, maar in die natuur tot 6 meter. Die donkergroen blare is ongeveer 25 sentimeter lank en 3 sentimeter breed, met 'n blaarsteel van 3 tot 4 sentimeter en 'n duidelike wit hoofnerf. Hierdie blare val in die winter af. Die stam is bedek met dorings van tot 6.25 sentimeter lank.

Die aromatiese blomme is hermafrodities en bevat vyf wit kroonblare. Hierdie blomme groei uit die kroon van die plant en verskyn selde binnenshuis.

 src=
Blom
 src=
Pachypodium lamerei


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Pachypodium lamerei: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Pachypodium lamerei (Madagaskarpalm of Valse Halfmens) is 'n plant uit die oleander familie. Hierdie spesie is endemies aan Madagaskar. Dit is in Appendix II van CITES opgeskryf as 'n beskermde plant.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF