dcsimg
Image of Old Man of the Mountains
Creatures » » Plants » » Gymnosperms » » Cycad Family »

Old Man Of The Mountains

Encephalartos friderici-guilielmi Lehm.

Withaarbroodboom ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Withaarbroodboom (Encephalartos friderici-guilielmi) is 'n inheemse Suid-Afrikaanse broodboom wat in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal voorkom. Alhoewel dit wydverspreid en relatief volop voorkom, het die aantal bome wat in die natuur voorkom geleidelik met ongeveer 20 persent oor die afgelope 90 jaar afgeneem[1] as gevolg van versameling deur tuiniers en tradisionele genesers of hul verskaffers.[2] Die boom is ’n byna-bedreigde spesie op die IUBN-rooilys.

Beskrywing

Die boom word ongeveer 4 m hoog en die diameter van die boomstam bereik 600 mm. Die blare is blou-groen van kleur, 1 tot 1.5 m lank, redelik reguit, en brei horisontaal uit wanneer die keëltjies voorkom. Waneer die boom 'n hoogte van ongeveer 4 m bereik, begin die stam leun en beland uiteindelik op die grond, waar dit aanhou groei met die kroon wat dan na bo buig. Manlike plante produseer tot 12 keëls en vroulike plante tot 6.[3] Die keëls is wollerig en liggeel van kleur en die sade wat deur die keëls gevorm word verander van geel tot oranje waneer dit ryp word.

Verspreiding

Dit kom op 'n hoogte van 700 tot 1 400 m bo seevlak in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal voor. Die hoofverspreidingsgebied is in die Cathcart- en Komani-distrikte. Kleiner subpopulasies word verder noord gevind, naby Mthatha en in die omgewing van Kokstad op die grens tussen die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.

Geskiedenis

Encephalartos friderici-guilielmi is in 1834 deur die Duitse botanikus professor Johann Georg Christian Lehmann beskryf, en ter ere van Friedrich Wilhelm, koning van Pruise genoem.[3]

Sien ook

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Withaarbroodboom: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Withaarbroodboom (Encephalartos friderici-guilielmi) is 'n inheemse Suid-Afrikaanse broodboom wat in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal voorkom. Alhoewel dit wydverspreid en relatief volop voorkom, het die aantal bome wat in die natuur voorkom geleidelik met ongeveer 20 persent oor die afgelope 90 jaar afgeneem as gevolg van versameling deur tuiniers en tradisionele genesers of hul verskaffers. Die boom is ’n byna-bedreigde spesie op die IUBN-rooilys.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF