Parazoa is ’n ou subkoninkryk onder diere. Die naam beteken letterlik "langs die diere".
Parazoa verskil van hul Choanoflagellatea-voorsate deurdat hulle nie mikroskopies is nie en gedifferensieerde selle het. Hulle het egter nie weefsel en organe nie. Die enigste oorlewende Parazoa is sponse, wat tot die filum Porifera behoort, en die Trichoplax in die filum Placozoa.
Parazoa se liggaam het geen simmetrie nie; alle ander diergroepe toon die een of ander vorm van simmetrie. Daar is tans 5 000 spesies, waarvan 150 varswaterdiere is. Larwes is plankton en volwassenes sittend.
Die skeiding tussen Parazoa en Eumetazoa word geraam op 940 miljoen jaar gelede.[1]
Die groep word nou as parafileties beskou.[2] Dit word nie ingesluit in die meeste moderne kladistiese ontledings nie. Wanneer daarna verwys word, word dit soms beskou as dieselfde as Porifera.[3]
Parazoa is ’n ou subkoninkryk onder diere. Die naam beteken letterlik "langs die diere".