dcsimg

Chaetodontidae ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Vlindervisse (Chaetodontidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Perciformes behoort. Daar is 11 genera (met minstens 124 spesies) in hierdie familie. Twintig van die soorte kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Vlindervisse

Die visse wat onder hierdie familie ressorteer, word tussen 10 tot 47 cm lank. Hulle word meestal op riwwe aangetref, in water van 1 tot 250 m diep. Vele van die soorte is beperk tot koraalriwwe. Hulle eet klein ongewerweldes soos wurms en slakke, alge en plankton. Hulle bly gewoonlik in pare saam, partykeer alleen en vorm soms groot skole. Hulle is daglewend en hulle helder kleure maak dit maklik vir skubaduikers om hulle op te spoor. Gedurende die nag verander hulle kleur en hulle kruip dan weg in grotte en gate. Hulle is wêreldwyd verspreid in tropiese en warm oseaanwaters.

Genera en spesies

Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suider-Afrikaanse kus voor:

  • Amphichaetodon
  • Chaetodon
  • Chelmon
  • Chelmonops
  • Coradion
  • Forcipiger
  • Hemitaurichthys
  • Heniochus
  • Johnrandallia
  • Prognathodes

Sien ook

Bron

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Chaetodontidae: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Vlindervisse (Chaetodontidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Perciformes behoort. Daar is 11 genera (met minstens 124 spesies) in hierdie familie. Twintig van die soorte kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF