dcsimg

Tralielampogie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Tralielampogie (Aplocheilichthys hutereaui) is 'n varswater vis wat voorkom in die Okavangorivier, die boonste gedeelte van die Zambezirivier, die onderste gedeelte van die Shirerivier, die Pungwe-Buzirivier stelsels naby Beira, die Luapularivier en ook gedeeltes van die Kongorivier. In Engels staan dit bekend as die Meshscaled topminnow.

Voorkoms

Die vissie het 'n kort, diep lyf en die stertvin is bolrond. Die vissie is deurskynend geel met ligte, glimmende blou skynsels vanaf die skubbe. Die irisse in die oë is glinsterend turkoois terwyl die rante van die skubbe swarterig lyk en die vis se tralie voorkoms gee. Die dorsale-, anale- en stertvinne het swart vierkantige kolle op. Die vissie word tot 35mm lank.

Habitat

Die vis leef in vloedvlaktes en moerasse.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Tralielampogie: Brief Summary ( Afrikaans )