dcsimg

Siganidae ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Konynvisse (Siganidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Perciformes behoort. Daar is twee genera met dertig spesies in hierdie familie. Vier van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke

Die familie is van gemiddelde grootte, die grootte wissel van 30 – 50 cm. Die familie leef klein skole saam en kom selde in water wat dieper is as 15 m voor. Alle strale van die familie se vinne is giftig, wonde is pynlik maar nie fataal nie. Om die pyn te verlig moet die wond in water (55 °C) gedompel word.

Die familie is herbivore en eet net alge. Hulle groei vinnig. Hul kleur patroon verskil gedurende die dag en nag. As hulle gedreig word, vertoon hulle almal 'n tipiese patroon van onreëlmatige bruin vlekke.

Genus

Die volgende genus en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Siganus

Sien ook

Bron

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Siganidae: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Konynvisse (Siganidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Perciformes behoort. Daar is twee genera met dertig spesies in hierdie familie. Vier van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF