dcsimg
Image of wandflower
Creatures » » Plants » » Dicotyledons » » Iris Family »

Wandflower

Sparaxis tricolor (Schneev.) Ker Gawl.

Fluweeltjie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Fluweeltjies (Sparaxis tricolor) is van die mooiste klein blomsoorte van die Kaapse Skiereiland en Suidwes-Kaapland, waar dit wild groei. Die blomme kom in 'n verskeidenheid kleure voor en het opvallende simmetriese merke aan die binnekant.

Fluweeltjies, 'n lid van die Irisfamilie, is inheems in Suid-Afrika, maar aard ook goed in tuine in Europa, Australië en Nieu-Seeland. Die fluweeltjieplant word gewoonlik 15 tot 45 cm hoog. Die blare is smal en die blomme, wat oranje, rooi, pienk, pers of wit kan wees, het 'n fluweelagtige voorkoms.

Die plante kan van knolIe of sade gekweek word. Die knolIe moet in Februarie of Maart in krummelrige grond 10 tot 12 cm uitmekaar en tussen 2 en 5 cm onder die grond geplant word. Fluweeltjies hou nie van ryp nie en moet dus in baie koue streke in beskutte plekke in die tuin geplant word en gereeld water kry. Die blomme sal laat in die winter of vroeg in die somer hul verskyning maak. As hulle klaar geblom het, kan die knolIe vir die somer in die grond gelaat word.

Wanneer fluweeltjies van sade gekweek word, moet dit in Maart of April gesaai word. In hierdie geval dra die plante dikwels al in die eerste jaar blomme, hoewel die blomme gewoonlik in die tweede jaar van 'n beter gehalte is. Fluweeltjies is gewild as potplante en in venstertuine.

Bronnelys

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Fluweeltjie: Brief Summary ( Afrikaans )