Die Skerppuntklipmossel (Scutellastra longicosta) is 'n klipmossel (Engels: limpet) wat voorkom aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika. Die diertjie word tot 7 cm lank en is stervormig met 11 lang ribpunte wat oor die rand van die skulp uitsteek. Daar is 'n swart rand aan die binnekant van die skulp. Die diertjie kom voor in die tussengetysone maar aan die lae kant op rotsriwwe.