Die Balk-vingervin (Cheilodactylus pixi) is 'n vis wat endemies is aan Suid-Afrika en kom voor tussen Knysna en Koffiebaai. Dit was al eenkeer gefotografeer by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Barred fingerfin.
Die vis is ligkleurig met 5 skuins strepe oor die lyf en daar is geen donker merke op die pektorale- of stertvinne nie. Die vis word tot 18 cm groot.