dcsimg

Witkol-klipkabeljou ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Witkol-klipkabeljou (Epinephelus coeruleopunctatus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, Oos-Afrika suidwaarts tot by die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Whitespotted rockcod.

Identifikasie

Die vis word tot 60 cm lank. Die vis donkerblou tot grysbruin van kleur met groot wit vlekke wat gemeng met kleiner kolletjies oor die hele lyf voorkom. Die kop is gepunt terwyl die agterste gedeelte van die stertvin swart is met geen kolle op nie.

Die vis leef aflandig op koraal- en rotsriwwe in water wat 4 tot 65m diep is. Die vis is 'n alleenloper en bly gewoonlik in die dag naby onderwater grotte of skeure. Hulle vreet vissies en skaaldiere. Hierdie vis kom algemeen voor.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Witkol-klipkabeljou: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Witkol-klipkabeljou (Epinephelus coeruleopunctatus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, Oos-Afrika suidwaarts tot by die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Whitespotted rockcod.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF