Die Geelstert-klipkabeljou (Epinephelus flavocaeruleus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese Oseaan en aan die ooskus van Afrika van Oman tot Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Blue and yellow rockcod.
Die vis se kop en lyf is donker blou terwyl al die vinne en kakebeen helder geel is. By party visse is die hoekpunte van die stertvin en die rante van die dorsale-, anale- en bekkenvinne swarterig. Die vis word tot 90 cm groot en 17 kg swaar.
Die vis leef in riwwe en rotsbodems tot op dieptes van 150 m. Die onvolwasse visse verkies vlak water en die volwasse visse dieper water. Die vis vreet onder andere vis, krap, garnale, tjokka en seekat. Die wyfies skiet kuit gedurende November tot Desember by Kenia. Dit is 'n goeie eetvis.