dcsimg

Tweesaal-bokvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Tweesaal-bokvis (Parupeneus trifasciatus) is 'n vis wat in die Indiese Oseaan, Oman en aan die ooskus van Afrika tot by die noorde van KwaZulu-Natal voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Two-saddle goatfish.

Identifikasie

Die vis word tot 30 cm lank. Die vis se kleur wissel van geelgrys tot dofrooi en daar is twee breë, swart vertikale strepe oor die lyf net onder die dorsale vinne. Hulle leef in rotskusareas en aflandige koraalriwwe in water wat tot 80 m diep is.

Die vis is gewoonlik 'n alleenloper maar kom ook in pare voor. Hulle verkies sanderige en rommelareas aangrensend aan die rif en vreet bodemskaaldiere, wurms en slakke.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Tweesaal-bokvis: Brief Summary ( Afrikaans )