dcsimg
Image of Desjardin's Sailfin Tang
Creatures » » Animal » » Vertebrates » » Ray Finned Fishes » » Surgeonfishes »

Desjardin's Sailfin Tang

Zebrasoma desjardinii (Bennett 1836)

Seilvintang ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Seilvintang (Zebrasoma desjardinii) is 'n vis wat voorkom in die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Sailfin tang.

Identifikasie

Die vis word tot 40 cm lank. Hierdie spesie het goed ontwikkelde seiltipe dorsale- en analevinne. Die volwasse vis is bruin tot grys met 'n patroon van afwissellende lig en geel strepe en kolletjies op die kante van die lyf en kop. Die dorsale- en analevinne is bedek met ligte strepe en die stertvin is donker met blou kolletjies. Die onvolwasse visse is gelerig met afwissellende donker en ligte strepe terwyl die dorsale- en analevinne vergroot is met streepmerke op.

Die vis leef in tropiese strandmere en beskutte aflandige riwwe in water wat 1 tot 30 m diep is. Hulle verkies areas in die riwwe waar die koraalgroei meer welig is. Volwasse visse is alleenlopers of kom in pare voor terwyl onvolwasse visse alleenlopers en sku is. Hulle skuil in die takke van korale.

Die vis vreet alge en detritus. Die spesie is raar.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Seilvintang: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Seilvintang (Zebrasoma desjardinii) is 'n vis wat voorkom in die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Sailfin tang.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF