dcsimg

Vlagswerwer ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die vlagswerwer (Valenciennea strigata) is 'n dikkop wat wydverspreid voorkom in die Stille Oseaan en die Indiese Oseaan; meer spesifiek aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as pennant glider.

Identifikasie

Die vissie word tot 18 cm lank. Die vis se lyf is liggrys. Daar is 'n kenmerkende blou streep met 'n donker rand onder die en blou kolletjies of bande op die onderkant van die wang. Die onderste helfte van die kop is geel en die eerste dorsale vin het verlengde stekels.

Hulle leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 10 tot 25 m diep is. Hier verkies hulle sanderige bodems naby rommel op die rand van die riwwe. Hulle word gewoonlik gesien as pare saam waar hulle oor hul nes hang. Hulle grawe in die sand en sif dit deur hulle kieue om klein ongewerweldes te vreet. Hulle gaan vinnig in hulle neste in sodra hulle bedreig voel. Die spesie kom algemeen voor.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Vlagswerwer: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die vlagswerwer (Valenciennea strigata) is 'n dikkop wat wydverspreid voorkom in die Stille Oseaan en die Indiese Oseaan; meer spesifiek aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as pennant glider.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF