dcsimg
Image of Fourbar damsel
Creatures » » Animal » » Vertebrates » » Ray Finned Fishes » » Damselfishes »

Fourbar Damsel

Abudefduf natalensis Hensley & Randall 1983

Vierbalk-nooientjie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Vierbalk-nooientjie (Abudefduf natalensis) is 'n vis wat voorkom aan die ooskus van Suid-Afrika vanaf die Oos-Kaap tot by die noorde van KwaZulu-Natal en mag moontlik endemies aan Suid-Afrika wees. In Engels staan die vis bekend as die Fourbar damsel.

Identifikasie

Die vis word tot 17 cm lank, sy lyf is wit en daar is vier swart vertikale breē strepe op die lyf. Die strepe strek egter nie tot by die pens nie. Die kop is dofkleurig en die stertvin het 'n swart rant. Ouer visse ontwikkel 'n reënboogkleurige skynsel op die sye. Hulle leef in rotsagtige kusareas en aflandige riwwe in water wat 1 tot 20 m diep is. Die onvolwasse vissies mag in getypoele voorkom. Hulle is streng territoriale alleenlopers maar kan ook in pare of klein groepies voorkom. Die visse vreet soöplankton, alge en klein skaaldiere.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Vierbalk-nooientjie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Vierbalk-nooientjie (Abudefduf natalensis) is 'n vis wat voorkom aan die ooskus van Suid-Afrika vanaf die Oos-Kaap tot by die noorde van KwaZulu-Natal en mag moontlik endemies aan Suid-Afrika wees. In Engels staan die vis bekend as die Fourbar damsel.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF