Die Gespikkelde opah (Lampris guttatus) is 'n vis wat voorkom in al die oseane van die wêreld in subtropiese en gematigde waters; hulle kom nie voor in ekwatoriële water nie. In Engels staan die vis bekend as die Spotted opah.
Die vis se lyf is blouerig met die bokant donkerder en die onderkant meer silwerblouerig. Die hele lyf is ook bedek met wit kolletjies. Al die vinne en die voorste gedeelte van die snoet is rooi-oranje van kleur. Die vis word 1.8m m lank en 150 kg swaar.
Die vis kom voor in die oop see; vanaf die oppervlakte tot by dieptes van 500 m. Hulle eet pelagiese vis; ook tjokka en jellievis. Dit is 'n goeie eetvis.