dcsimg

Sandslangetjie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Sandslangetjie (Ophisurus serpens) is 'n vis (daar word na die vis verwys as 'n paling) wat voorkom in die oos Atlantiese Oseaan, die Indies-Pasifiese area en reg rondom die kus van Suider-Afrika. In Engels staan die paling bekend as die Serpent eel.

Voorkoms

Hierdie is een van die langste palings - tot 2.5 m. Die lyf is lank en dun en die paling het 'n lang snoet. Die stertpunt is hard en is nie 'n vin nie. Die pektorale vinne is uitkenbaar maar die dorsale en anale vinne is bykans nie sigbaar nie. Die kop en lyf is olyfgroen of bruin aan die bokant terwyl die onderkant ligter is. Daar is 'n ry swart kolletjies op die kante van die paling.

Habitat

Die paling verkies sanderige en modderige areas om in te woon maar hulle is ook al waargeneem tot by 300 m diep. Hulle eet klein vissies en skaaldiere. Die paling versteek sy lyf in die sand en net sy kop steek bo die sand uit.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Sandslangetjie: Brief Summary ( Afrikaans )