Die Kaapse wewer (Ploceus capensis) is 'n endemiese, algemene standvoël in grasveld en bossieveld en is poliginies. Hulle broei gewoonlik koloniaal in riete of hoë bome en maak 'n groot nes met 'n kort ingangstonnel. Die voël is 17 cm groot en weeg 28 - 54 gram. In Engels staan die voël bekend as die Cape Weaver.