dcsimg

Rooibalk-kardinaal ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Rooibalk-kardinaal (Taeniamia fucata) is 'n vis en kom voor in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Redbarred cardinal.

Identifikasie

Die vis wod tot 8 cm lank en is grys-silwer van kleur met verskeie, nou oranje bande wat vertikaal oor die lyf strek. Daar is ook 'n swart kol op die stertvin basis.

Die vis leef in die beskutte gedeeltes van aflandige riwwe in water wat 10 tot 60m diep is. Hulle vorm digte groepe naby grotte en ook vertakte korale. Die vis vreet soöplankton.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Rooibalk-kardinaal: Brief Summary ( Afrikaans )