Gazania rigens (L.) Gaertn. is een van die blomplante was dikwels met die Afrikaanse naam gousblom aangedui word. Ander name is botterblom[1]en strandbotterblom[2]
Dit is 'n meerjarige plant wat 15-30 cm hoog word met blare wat 4-12 cm lank en 0,5 – 4 cm breed kan wees. Dit kry groot madeliefieblomme van 7 to 12 cm in deursnee wat op 'n lang stingel groei. Die blomblare is dikwels helder orange, soms bronskleurig of geel. Die saadjies is ongeveer 4 mm lank en bedek met lang hare. Die plant is 'n gunsteling in tuine oor die hele wêreld en word in talle kultivars verkoop. In Australië het dit verwilder en is dit 'n indringerplant in Queensland, Nieu-Suid-Wallis en Suid- en Wes-Australië.[3]
Op die SANBI-rooilys is drie variëte as veilig gelys:[4][5][6]
Wetenskaplike naam Endemie Voorkoms in Suid-Afrika Gazania rigens (L.) Gaertn. var. leucolaena (DC.) Roessler endemies Oos-Kaap Wes-Kaap Gazania rigens (L.) Gaertn. var. rigens endemies Gazania rigens (L.) Gaertn. var. uniflora (L.f.) Roessler nie-endemies Oos-Kaap Wes-Kaap KwaZulu-Natal