Die Silwer-rower (Micralestes acutidens) is 'n varswater vis wat voorkom in die Zambezi-, Kunene-, Okavango- en riviere aan die ooskus suidwaarts tot by die Pongolarivier. Dit kom ook voor in die Kongorivier. In Engels staan die vis bekend as die Silver robber.
Die vis is silwer met 'n helder breë streep oor die bokant van die sye, die vinne is geel of oranje en die dorsale vin het 'n kenmerkende swart punt. Die anale- en bekkenvinne het wit rante. Die vis word 80 mm lank.