dcsimg

Bergkwagga ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die bergkwagga (Equus zebra) is 'n bedreigde sebraspesie wat in Suidwes-Angola, Namibië en Suid-Afrika voorkom. Daar is twee subspesies: die Kaapse bergkwagga (E. z. zebra) en Hartmannse bergkwagga (E. z. hartmannae), alhoewel daar voorgestel is dat laasgenoemde as 'n aparte spesie beskou moet word. Die Kaapse bergkwagga is net-net van uitwissing gered deur die stigting van die Nasionale Bergkwaggapark in 1937. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.

Bergkwaggas het 'n gemiddelde hoogte van 120 cm en kan 'n spoed van 65 km/h behaal wanneer hulle hardloop. Dit is maklik om die bergkwagga van die bontkwagga te onderskei: anders as by die bontkwagga het die bergkwagga 'n duidelike keelvel. Hy het ook geen skaduweestrepe nie en sy strepe strek ook nie om sy pens nie. Die strepe op sy bene strek reg om die bene en is duidelik tot op die hoewe.

Die merrie is 12 maande dragtig, waarna sy geboorte aan 'n enkele vulletjie skenk. Bergkwaggas het 'n moontlike lewensduur van 35 jaar.

Fotogalery

Bronnelys

  • Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Bergkwagga: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die bergkwagga (Equus zebra) is 'n bedreigde sebraspesie wat in Suidwes-Angola, Namibië en Suid-Afrika voorkom. Daar is twee subspesies: die Kaapse bergkwagga (E. z. zebra) en Hartmannse bergkwagga (E. z. hartmannae), alhoewel daar voorgestel is dat laasgenoemde as 'n aparte spesie beskou moet word. Die Kaapse bergkwagga is net-net van uitwissing gered deur die stigting van die Nasionale Bergkwaggapark in 1937. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.

Bergkwaggas het 'n gemiddelde hoogte van 120 cm en kan 'n spoed van 65 km/h behaal wanneer hulle hardloop. Dit is maklik om die bergkwagga van die bontkwagga te onderskei: anders as by die bontkwagga het die bergkwagga 'n duidelike keelvel. Hy het ook geen skaduweestrepe nie en sy strepe strek ook nie om sy pens nie. Die strepe op sy bene strek reg om die bene en is duidelik tot op die hoewe.

Die merrie is 12 maande dragtig, waarna sy geboorte aan 'n enkele vulletjie skenk. Bergkwaggas het 'n moontlike lewensduur van 35 jaar.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Kaapse bergkwagga ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Kaapse bergkwagga (Equus zebra zebra) word slegs in vier gebiede in die Wes-Kaap en Oos-Kaap van Suid-Afrika aangetref. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie. Die dier staan ook bekend as die Kaapse bergsebra.

Bou en kleur

Die dier het 'n tipiese sebravoorkoms, naamlik swart strepe met 'n wit agtergrond. Die strepe loop duidelik af by die bene tot by die hoewe, terwyl die strepe op die lyf by die pens ophou. Die pensvel is wit. Kenmerke van die dier is die oranje snoet en die keelvel. Die spesie het nie skadustrepe soos die Bontkwagga nie. Hulle is kleiner as die Hartmannse bergkwagga. Die hingste is effens swaarder as die merries – hingste weeg tot 260 kg terwyl merries tot 257 kg kan weeg.

Habitat en gewoontes

Die Kaapse bergkwagga verkies droë, bergagtige gebiede met drinkwater en weiding. Die diere vorm troppe wat bestaan uit 'n familiegroep met 'n hings, merries en jong diere. Lede van die familiegroepe bly gewoonlik lewenslank in dieselfde trop. Die Kaapse bergkwagga hou ook van 'n stofbad. Een vul word enige tyd van die jaar gebore na 'n dratyd van 12 maande.

Vyande

Fotogalery

Sien ook

Bron

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Kaapse bergkwagga: Brief Summary ( Afrikaans )