dcsimg

Gestreepte visvanger ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Gestreepte visvanger is 'n algemene standvoël in doringbosveld, savanna en rande van rivierwoud.

Verspreiding

Die gestreepte visvanger is wyd verspreid oor Afrika, suid van 15°N, behalwe in Oos-Somalië, die area om die bek van die Kongorivier en die suidwestelike dele van die kontinent.

Habitat

Die gestreepte visvanger kom voor in areas met oop bosgebiede en grasvelde met bome of lang pale: die voël gebruik dit as 'n basis waarvan af daar gejag word. Neste word in bome gebou.

Identifisering

Die gestreepte visvanger is ietwat valer as die ander visvanger met 'n bruin-grys bo-lyf. In vlug is die voël se helderblou agterkant en lae rug egter maklik sigbaar.

Dieet

Gestreepte visvangers vreet hoofsaaklik insekagtige spesies, alhoewel dit ook soms klein gewerweldes (bv. akkedise) vang.

Geluid

Die gestreepte visvanger is 'n baie spraaksame voël, veral tydens sonondergang.

Ander name

  • Engelse naam: Striped Kingfisher
  • Wetenskaplike naam: Halcyon chelicuti

Sien ook

Bronnelys

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Gestreepte visvanger: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Gestreepte visvanger is 'n algemene standvoël in doringbosveld, savanna en rande van rivierwoud.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF