dcsimg

Bosvaderlandswilg ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Die Bosvaderlandswilg (Combretum kraussii) is 'n middelgroot tot groot boom[1] van oostelike Suid-Afrika, Swaziland en suidelike Mosambiek, wat binne of in die omgewing van woude aangetref word.[2] Die spesienaam roep Dr. F. Krauss in herinnering wat van 1838 tot 1840 'n versameltoer na Suid-Afrika onderneem het.[1]

Kenmerke

Die bome is half-bladwisselend, aangesien lenteblare die ou loof net deels vervang. Hierdie woudbome word in die laatlente opvallend, wanneer hul vars blare verkleur na 'n bleek, byna wit kleur, voor dit teen midsomer na groen terugverkleur.[3] In die winter word die lower deels rooi of pers, wat net voor die blomtyd gewissel word.[4] Die vars trosse viervlerkige vrugte is aanvanklik 'n kleurryke rooi tot geelrooi kleur, voor dit verdroog na midbruin.[3]

Verwantskappe

Die spesie is naverwant aan Combretum nelsonii[2][4] wat in meer rotsagtige habitat voorkom, en toon 'n ooreenkoms met Combretum woodii, 'n plant met groter blare en soortgelyke verspreiding, alhoewel in bosveld.[2]

Galery

Sien ook

Verwysings

  1. 1,0 1,1 Le Roux, Lou-Nita. "Combretum kraussii". Besoek op 14 Oktober 2011.
  2. 2,0 2,1 2,2
  3. 3,0 3,1 Palgrave, K.C. (1984). Trees of Southern Africa. Kaapstad: Struik. p. 670. ISBN 0-86977-081-0.
  4. 4,0 4,1 Pooley, Elsa (1997). The Complete Field Guide to Trees of Natal, Zululand & Transkei. Durban: Natal Flora Publications Trust. p. 358. ISBN 0-620-17697-0.
licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF

Bosvaderlandswilg: Brief Summary ( Africâner )

fornecido por wikipedia AF

Die Bosvaderlandswilg (Combretum kraussii) is 'n middelgroot tot groot boom van oostelike Suid-Afrika, Swaziland en suidelike Mosambiek, wat binne of in die omgewing van woude aangetref word. Die spesienaam roep Dr. F. Krauss in herinnering wat van 1838 tot 1840 'n versameltoer na Suid-Afrika onderneem het.

licença
cc-by-sa-3.0
direitos autorais
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visite a fonte
site do parceiro
wikipedia AF