Die Kaapse valsklipmossel (Siphonaria capensis) kom aan die hele kus van Suid-Afrika voor en word tot 2.5 cm groot. Die skulp is ovaalvormig met die spits amper in die middel. Die skulp is gerib aan die buitekant met 'n gekartelde rand terwyl die binnekant glad is. Daar is bruin strepe in die binnekant wat uitstraal vanaf die middel. Die diertjie leef in die tussengetysone in poele of blootgestelde rots gebiede. Hierdie klipmossel het nie soos die ander spesies kieue nie maar kieuagtige uitgroeisels wat hulle toelaat om onder die water asem te haal.