Die Rooiessenhout (Trichilia emetica, "Natal Mahogany") is 'n boom wat voorkom in middel- tot hoogliggende streke in boswêreld en langs rivieroewers vanaf Durban tot Mpumalanga. Die boom het 'n donkergroen, digte kroon. Die roomgroen blomme en die vrugte lok baie voëlsoorte. Die boom is 'n vinnige groeier en 'n uitstekende koelte- en skermboom. Dit benodig matige water en vol son. Die blomtyd is vanaf Augustus tot Oktober.